Woord vir die pad
Boodskappe
Luister weer na vorige boodskappe en groei saam met ons deur die Woord.
Nuutste Boodskap
Sag Waar God Werk
26 Julie 2025 • Past. Arie Odendaal • Jeremia 18:2–12
God se Woord onderbreek soms ons eie planne, verduidelikings en verdedigings. Hierdie boodskap roep ons om sag en reageerbaar voor die Here te bly, ons eie koers te laat vaar en gehoorsaam te reageer wanneer Hy ons roep om te verander.
Luister na die boodskap
Onlangse boodskappe
Neem die Woord saam met jou week in. Hier is ’n paar onlangse boodskappe om weer na te luister.
Wanneer Genade Jou Hele Lewe Roep
19 Julie 2026 • Past. Arie Odendaal • Romeine 12:1-2
God se genade vergewe en herstel ons, maar roep ons ook om ons hele lewe aan Hom oor te gee. Hierdie boodskap wys hoe ware heiligmaking begin wanneer ons, op grond van sy barmhartigheid, toelaat dat Hy ons denke, begeertes en leefwyse vorm.
Jesus in Alles
12 Julie 2026 • Past. Arie Odendaal • Handelinge 17:22-23
In ‘n wêreld vol van duisternis, uitdagings en probleme, is dit nodig vir die kinders van die Here om weer die glorie van God in alles te sien. Ons het nodig om ons fokus te verskuif vanaf hierdie wêreld na die Een wat alles geskape het. Ons moet weer leer om Jesus in alles te sien.
Nog boodskappe kom binnekort
Oase Gemeente
Ons voeg nuwe boodskappe by soos dit beskikbaar raak. Kom luister gerus weer saam.
Kom luister saam met ons
Boodskappe kan jou bemoedig, maar geloof groei ook in gemeenskap. Kom kuier saam met ons hierdie Sondag.
