Ons byeenkomste is daar om ‘n geleentheid te skep waar u God te midde van u lewe kan ontmoet.
MEER OOR OASE KERK
Ons is ‘n kerk wat in Jesus glo, ‘n familie wat God en mense liefhet. Oorweldig deur die gawe van verlossing wat ons in Jesus gevind het, het ons ‘n hart vir outentieke aanbidding, is passievol oor die plaaslike kerk en is op ‘n missie om God se koninkryk oor die aarde te sien.
Ons droom van ‘n Oase in ons gemeenskap, ‘n plek van redding; restourasie; aanbidding; voorsiening en genesing. Ons gemeente wil met God se genade elke huis transformeer om sodoende die groter gemeenskap van Thabazimbi te impakteer, sodat die Koninkryk van God werklik in elke faset van die samelewing gevestig kan word.
Met blydskap sal julle drink van die fonteine van redding! Jes 12:3
MORE INFO

Danie, Alida en Reinhardt Stevens
Herderspaar
Sondag
Diens 09:00
Kinderkerk 09:00
Ander:
Woensdag: Vroue Selgroep 10:00
Donderdag: Intersessie 8:00
Kontakgroepe deur die week
Ons wil elke gelowige toerus vir dienswerk.
Ons streef om in alles eg, eietyds en relevant te
wees.
Ons wil deur omgeeverhoudings uitreik na ander.
Ons wil ‘n familie wees waar elkeen welkom is.
Ons lewe om die koninkryk van God te verkondig.
MORE INFO
Koninkryksfokus
– ‘n fokus op die heerskappy van Christus
Egtheid
– ‘n lewe sonder voorgee, tradisie of valsheid
Groei
– kerkgesondheid deur die groei en ontwikkeling van elke individu
Spanwerk
– waardering en respek vir die gawes van ander
Balans
– nastrewing van balans in alles wat ons doen
Uitnemendheid
– uitnemendheid in die totale spektrum van gemeentewees
ONS GLO:
in God, die Ewige, Drie-Enige, Almagtige Skepper en onderhouer en Heerser van die hele skepping
in God die Vader, die Outeur van die skepping en Saligheid
in Jesus Christus, die enigste Seun van God die Vader, ons Verlosser en Saligmaker
in die Heilige Gees, wie die wêreld oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel en ons lei in alle waarheid
in die Bybel as die Woord van God, as die gesag en wil van God
dat alle mense geskape is na die Beeld van God
in die doop in die Heilige Gees, die gawes van die Heilige Gees en dat elke Christen ‘n dissipel van Jesus moet wees
dat Jesus Christus die Hoof van die kerk is
in die doop van die gelowige soos deur Jesus Christus ingestel
in die onderhouding van die sakrament van die Nagmaal soos deur Jesus Christus ingestel
dat op die bestemde tyd deur die Vader bepaal, Jesus Christus sal terugkom om die kerk, die Bruid van Christus, te kom haal
in die Oordeelsdag wanneer Jesus Christus elkeen sal oordeel; die ewige lewe vir die gelowige en ewige oordeel vir die ongelowige
in die toewyding van kinders deur handoplegging soos deur Jesus gedemonstreer
* Die volle omskrywing van die Geloofsbelydenis is vervat in die Gemeentebeleid.